EN SE DE
  • Alleen na Desember het ontstaan in Julie 2009 as 'n projek vir MK Rockspaaider 2009. Die groep het toe net bestaan uit: Simeon Kriel (Voorsanger en baskitaar speler), Francois de Klerk (Hoof kitaar speler), Werner Grunder (Kitaar speler), Ben Greyling (Dromme). Uit die 54 orkeste wat ingeskryf het, het Alleen na Desember tweede gekom. Na MK Rockspaaider het hul 'n nuwe lid bygebring wat nou vir hul bas kitaar speel genaamd Gust Greyvenstein en Simeon kan net konsentreer op sy sang.

    Alleen na Desember het 'n nuwe, unieke klank gebring tot die Afrikaanse Rock industrie. Met 'n defintiewe rock gevoel gemeng met disco / rave klanke tussenin gaan die aanhangers verseker kan dans en kan kopskud. Die eerste musiekvideo was vrygestel tydens die MK Rockspaaider kompetisie op MK genaamd “Vir die eerste keer”.

    Alleen na Desember is genomineer vir "Beste Nuweling" by die MK Awards 2011 vir die video 4hoekige-3kant. Hulle profesionele reputasie en hardwerkendheid beloof vir die groep wie se toekoms heel goed lyk.